)

ANHS Prysskiet – Hoërskool Aliwal-Noord skuts skiet kolskote

ANHS Prysskiet. Die eerste Prysskiet vir die jaar het Saterdag, 5 Februarie, by Hoërskool Sentraal in Bloemfontein plaasgevind. ANHS prysskiet het 5 kranige skuts ingeskryf om hierdie plattelandse skool se naam hoog te gaan hou.

Dit was Annika de Wet en Nellie Geldenhuys se eerste kompetisie. Hierdie twee dames het werklik staal in hulle pype. Annika het in die o/14 2P kompetisie saam met al die beginner skuts deelgeneem en sy toon baie potensiaal. Die ander vier skuts het aan die 3P en 10m kompetisie deelgeneem en die uitslae het weereens nie teleurgestel nie.

Izelle van Vuuren het die Buffelharte laat klop toe sy ‘n medalje verower. Sy het ‘n tweede plek uit 44 skuts in die o/16 afdeling behaal het met ‘n goeie 857 punte. Nellie Geldenhuys het in die o/14 afdeling deelgeneem en behaal ‘n sesde plek uit 18 skuts met 703 punte. Johane Malan het in die o/16 afdeling deelgeneem en behaal ‘n sewende plek uit 44 skuts met 782 punte. William Muir het in die o/21 afdeling deelgeneem en behaal ‘n veertiende plek uit 27 skuts met 796 punte.

ANHS is baie trots op hierdie uitstekende skuts en 2022 lyk verseker belowend.

“Talent you have naturally. Skill is only developed by hours and hours and hours of beating on your craft.” – Will Smith.

Foto’s verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal