Fichardtpark krieket. Die 0/19A Fichardtpark krieket span het Vrydag St Andrews se 0/19 B-span die stryd in die semi-finaal aangesê. Saints wen loot en besluit om eerste te kolf. Hulle behaal 100 lopies vir 6 paaltjies in hulle toegelate 20 beurte.
Goeie boulvertonings deur Fichardtpark:
Marco Huygen: In 4 boulbeurte staan hy 15 lopies af en neem 2 paaltjies.
Divante Claasen: boul 4 boulbeurte, staan 17 lopies af en neem 1 paaltjie.
Fichardtpark behaal die wentotaal met 101/5 na 17.1 boulbeurte. ‘n Skitterende ses deur Lionel Dell bevestig die Fichie-oorwinning.
Goeie kolf vertonings deur Fichardtpark:
Marco Huygen 34 lopies van 39 balle.
Ulrich Campher 16 lopies van 22 balle.
Lionell Dell 15 lopies van 10 balle.
Fichies wen die wedstryd met 5 paaltjies en dring dus deur na die finaal van die liga.
#fichietrots #fichiekrieket #voorkeurskool
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Become a Sponsor








