2021 Sport Highlights. Sport vorm ‘n groot deel van Schools That Rock se berigte. Die meeste van ons lesers geniet die skole sport wat ons bied. Schools That Rock kyk terug na verskeie sport hoogtepunte van Vrystaatskole gedurende 2021. Sport news play an important role at Schools That Rock. We look back at the sport highlights of the Free State schools during 2021.
Hiermee ‘n aantal van ons sport hoogtepunte 2021 van September 2021 (Deel2/ Part 2).
NETBAL
Hoër Meisieskool Oranje: Twee sussies van Oranje Meisies, Roline en Marianne Louw, is onder die tien netbalspelers van Oranje wat vir Vrystaat- en Mangaung-spanne gekies is. Hulle speel ook albei as hulpdoel.
Die tien spelers is Marianne Louw (Vrystaat o.14), Marilet Blom, Jana Dreyer (albei VS o.15), Roline Louw, Fifi Lesedi, Khanyi Dumane (al drie VS o.16), Lea Cronjé (VS o.17) Marita Oosthuizen (Mangaung o.19), Karla Victor en Janine Moolman (albei Manguang o.19).
Welkom Volkskool: Mareese Mothibedi, graad 7 leerder van Welkom Volkskool, is ingesluit in die 0/13 Vrystaat Jaguars Netbalspan. Die span het gedurende die Oktober-vakansie deelgeneem aan die All Ages toernooi wat in Boksburg plaasgevind het.
KRIEKET
Hoërskool Fichardtpark: Hoërskool Fichardtpark het elf seuns wat in die onderskeie Motheo Krieketspanne ingesluit is.
O.19: Hanco Swanepoel, Shaun Schietekat, Marcu van Jaarsveld en Ricky September
O.16 Willie Volschenk, Eben Botha, Divante Claasens, Bukho Mlali en Junior Titoti
O.16 ‘non-travelling’ reserwes: Marco Huygen en lrich Campher
SKIET
Welkom Volkskool: Jaden Potgieter, Graad 3 leerder van Welkom Volkskool, het aan die streek-skietkompetisie in Welkom deelgeneem.
Hy verwerf goud in die o/13 drukluggeweer en brons in die o/9 veerluggeweer. Jaden is uitgenooi om aan die S.A Kampioenskappe deel te neem.
Hoërskool Jim Fouché: Martin Maasdorp, leerder van Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein, het die volgende prestasies in Skyfskiet behaal:
Junior U/20 Small Bore Revolver: Eerste plek; Juniopr U/20 Small Bore Rifle Silhouette Open Sights: Eerste plek; Junior U/20 Small Bore Rifle Light Open Sights: Tweede plek; U/20 Junior Small Bore Rifle Silhouette: Tweede plek; Junior U/20 Small Bore Rifle Light: Derde plek; Small Bore Production: Second overall.
HOKKIE
Hoër Meisieskool Oranje: Ané Janse van Vuuren en Megan-Lee Myburgh is vir die Vrystaatse senior hokkiespan gekies. Hulle het einde Oktober aan die Interprovinsiale Toernooi deelneem. Die span word deur die oud-Oranje Cornelle Holtzhausen (matriek in 2010) aangevoer.
Drie gewese Oranje-leerders, Saré Laubscher, Jacolene McLaren en Mikkela le Roux is lede van die Suid-Afrikaanse o.21-vrouespan. Hierdie het ook in die toernooi gespeel.
GIMNASTIEK
Primêre Skool Naudéville: Cassie Bresler van Primêre Skool Naudéville in Welkom het 11 September deelgeneem aan ‘n Gimnastiek kompetisie. Hy het ‘n eerste plek behaal in rekstok, eerste in spronge, derde in gelyke brug en tweede in vloer. Hy eindig algeheel eerste en is in die Vrystaat Gimnastiekspan!
Hoërskool Fichardtpark: Charlize Pretorius (9A) het op 11 September ‘n pragtige eerste plek verower tydens ‘n Vrystaatse Gimnastiek-kompetisie. Sy het die Vrystaat op die 7de Oktober by ‘n kompetisie in Gauteng verteenwoordig. Die kategorie waaraan Charlize deelneem, is artistieke gimnastiek.
Hoërskool Hoopstad: Alica Cornelissen, Diané Malherbe, Eloneé Bosch, Frannelle van der Meulen, Leandri Jansen van Vuuren en Sumienke Wolfaardt het puik presteer tydens die Noordwes Provinsiale Gimnastiek kompetisie in Klerksdorp.
Al ses hierdie gimnaste het op vlak 1 as volg presteer: Alica Cornelissen (Silwer), Diané Malherbe (Silwer), Eloneé Bosch (Brons), Frannelle van der Meulen (Silwer), Leandri Jansen van Vuuren (Goud) en Sumienke Wolfaardt (Goud).
ATLETIEK
Hoër Meisieskool Oranje: Twee landlopers van Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein, Carlé Stockenström (O.15) en Danielle Joubert (O.16) is vir die Vrystaatspan gekies. Hulle het by die nasionale kampioenskappe meegeding.
DANCE EISTEDDFOD
Hoërskool Fichardtpark: Performing Arts in the Free State ReEl Produksie by ATKV gemeenskapsteater het op 10 en 11 September hul Dance Eisteddfod aangebied. Lana van Deventer het die Best Award trofee gewen vir haar akrobatiese solo.
Welkom Volkskool: Candice Kleynhans-Bellringer, Gr 7 in Welkom Volkskool, het Vrydag, 10 September, deelgeneem aan die Dans Eistedfodd in Bloemfontein. Candice en haar dansmaat, Alandri Krause, het die volgende prestasies behaal: Duo dans: 80%, A simbool en Disco Small Groups afdeling: 78%, B+ simbool.
TENNIS
Bethlehem Voortrekker Hoërskool: BVHS het die naweek van 10 September ‘n baie suksesvolle massa-deelname Vrystaat-mini Tennistoernooi aangebied.
Die uitslae is as volg: Themba Sitole wen silwer in die seuns dubbelsspel 0/16; Anke Heyns eindig derde in die meisies enkelsspel o/16 en wen ook goud in die meisies dubbelsspel 0/16; Mianca van Niekerk en Annieka van Rooyen wen goud met dubbels in die GD 18 Gold afdeling; JC Azar wen die silwer medalje in die seuns o/16 enkelsspel.
Lees meer/ Read more: https://schoolsthatrock.co.za