)

Worcester Gimnasium – Schools That Rock gesels met Lené van der Merwe

Worcester Gimnasium. Dit is vir Schools That Rock  ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Lené van der Merwe, Hoofdogter vir 2022, van Worcester Gimnasium.

Lené, hoe sien jy jou rol as Hoofdogter van Worcester Gimnasium?

As hoofleier van Worcester Gimnasium sien ek my rol as iemand wat diep, inspirerende en motiverende spore moet trap en nalaat sodat mense dit wil navolg omdat hulle iets daarin sien waarna hul wil streef.

Hoe het die afgelope vier jaar by Worcester Gimnasium jou vir die rol as leier voorberei?

Ons is ‘n multikulturele dubbelmedium skool wat beteken dat ons leerders baie van mekaar verskil, maar mekaar tog as individue binne ons verskille versterk. By Worcester Gimnasium het ek geleer om ander by te staan, ongeag verskille.

Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?

My Toerisme-onderwyseres, mev. Michelle du Toit. Sy is elke dag vol energie en optimisme en fokus daarop om elke kind geliefd en spesiaal te laat voel, ongeag wie hul is of hoe hul presteer.

Watter studieriging beoog jy na skool?

Ek beoog om in die mediese rigting in te gaan omdat ek baie op mense ingestel is en hulle wil sien floreer.

Wat staan vir jou die meeste uit by jou skool?

Ons unieke kulturele diversiteit lê my baie na aan die hart en maak  Worcester Gimnasium enig in sy soort.

Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?

Ek dink beslis so. Alleen kan jy baie doen, maar saam as ‘n groep net nóg meer. As elkeen sy kant bring, ongeag hoe groot of klein, kan almal bydra tot ‘n nóg meer suksesvolle Worcester Gimnasium.

Wat het jy sover die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?

Ek is oortuig daarvan dat mense ‘n plek maak en daarom geniet ek elke onderwyser en leerder vir wie en wat hulle is.

Wat is jou doelwitte vir die skool tydens jou dienstermyn?

Om as ‘n eenheid saam te funksioneer en as een groot familie saam te staan teen die wêreld se uitdagings.

Wat motiveer jou om jou ideale te bereik?

Die feit dat ek weet net ek is verantwoordelik vir my geluk en sukses. Niemand gaan die harde werk namens my doen nie – die bal is dus in my hande.

Hoekom sou jy leerders aanraai om ook deel van die Bosvarke te word?

In WG is daar werklik ‘n plek vir almal, ongeag wie jy is, waarvandaan jy kom, waar jy woon of watter beroep jou ouers beoefen. WG skep vir elke leerder die ruimte om net hulself te wees en hul passie uit te leef.

Wat is jou toekoms-ideale?

Ek streef daarna om die mens te word waarvoor die Here my bestem het en om op só ‘n manier te leef dat ander Sy lig deur my sal sien.

Foto verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.worcgim.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal