)

Karate – BHVS leerders by Alliance Karate Academy Championships 2021

Karate. Bethlehem Voortrekker Hoërskool se lede van Bethlehem Karate het op Saterdag, 4 Desember, aan die Alliance Karate Academy Championships 2021 in Bloemfontein deelgeneem. Dit was ‘n karatekompetisie vir alle style wat deur klubs soos JKS, JKA en Goju-ryu bygewoon is.

Karatekas het in beltkleur en ouderdomsgroepe deelgeneem. Die span-Kata en span- Kumite afdelings was die hoogtepunt van die dag. Dit het tot groot opwinding onder die toeskouers gelei het. Liam Craven, Nathan Helm en Katleho Moloi het aan die span-Kata deelgeneem. Nathan Helm (Seniors), Katleho Moloi (Juniors) en Hanré Dreyer (Kadette en Kinders) het aan die span-Kumite deelgeneem. Albei spanne het hulle hier uiters goed van hulle taak gekwyt. Dit was ‘n baie strawwe kompetisie. Die karatekas het dit terdeë geniet en die jaar se kompetisies op ‘n hoë noot afgesluit.

Die volgende karatekas van Bethlehem Karate het uiters goed gevaar: Yente Wachter (Silver Kata, Goud Kumite); Hendré Reyneke (Brons Kata, Brons Kumite); Nicke Wachter (Goud Kata, Goud Kumite) Zanco Marais (Goud Kata, Goud Kumite); Wiehan Wagner (Silver Kata, Brons Kumite); Corné du Preez (Silver Kata, Goud Kumite); Nathan Helm (Goud Kata, Goud Kumite, Goud Span Kata, Goud Span Kumite); Sensei Gerhard Wachter; Katleho Moloi (Brons Kata, Silver Kumite, Goud Span Kata, Goud Span Kumite); Hanré Dreyer (Goud Kata, Goud Kumite, Goud Span Kumite); Wilien Botha (Goud Kata, Silver Kumite); Quinton Helm (Brons Kata, Brons Kumite); Liam Craven (Silver Kata, Brons Kumite, Goud Span Kata) en Franja Wagner (Brons Kata, Brons Kumite).

Baie geluk. Die Trekkers is baie trots op julle.

Foto : Photographic Solutions

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.voortrekker.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal