)

Boodskappe 2021 Matrieks – Lienke le Roux Hoërskool Oudtshoorn

Boodskappe 2021 Matrieks. Lienke le Roux se ouers, John en Sarléne, het hierdie besondere boodskap aan haar gerig om dit saam met haar die toekoms in te neem. Sy is in matriek by Hoërskool Oudtshoorn.

“Liefste Lienke, een van die dae is jy uit die nes binne-in ‘n nuwe, wonderlike en opwindende ervaring. Dit is een wat jy vir jouself geskep het met die hulp van ons Hemelse Vader. Die toekoms lê oop voor jou en jy het maar skaars begin om nie eens een tiende van jou potensiaal te verwesenlik  nie.

Jy het gewys dat  jy die dryfkrag, leierskap, motivering, dissipline, omgee, liefde vir mense en vir God het en met dít in jou gereedskapskas vir die lewe,  kan jy enige iets vermag. Al is jy nog jonk, leer ons nog elke dag iets nuuts by  jou. Jy wys ons hoe ‘n mens deur ander mense is. Jy wys Ubuntu. Gaan so voort en gee mense hoop. 

“ Be kind to yourself”.   Wees lief vir jouself .  In alle opsigte. Foute gaan jy maak. Dit is egter nie die foute wat jy maak nie, maar of jy daaruit leer en dat dit jou ‘n beter mens maak. Dus,  vergewe jouself net soos jy ander mense moet vergewe. Billy Joel sing: 
“you’re only human you’re supposed to make mistakes”

Glimlag en wees vriendelik – die persoon waarmee jy in aanraking kom beleef dalk die slegste dag van hulle lewe. 
Moenie oordeel nie.

Fokus op die goeie.

Omring jou met positiewe mense. Kwaliteit vriende is beter as kwantiteit .  A friend in need is a friend indeed.

Ignoreer mense se kritiek – lewe n lewe waar jy jouself bemagtig.  Bly in jou baan en fokus op jou eie wedloop.

Wees onvoorwaardelik lief. Veral vir die mense waarmee jy in aanraking kom wat dit nie verdien nie.

Gee om vir ander en help waar jy kan. Vertrou jou instink en volg jou hart. Glo in jouself en jou vermoë.  Ander mense definieer jou nie.

Kyk na die toekoms en nie die verlede nie- gister is gister en more is ‘n beter dag. Laat slegte dinge en teleurstellings  gaan en vermy om te fokus op dit wat verby is.

Moet geen emosionele besluite maak nie. Dien die Here vreesloos – belê tyd in Hom en maak tyd vir stilte in die malle geraas. Die Bybel is jou kompas.

Geduld- dinge werk nie atyd dadelik uit nie, so wag.  Tyd is relatief en dinge raak dikwels beter met tyd. Staan vas in jou beginsels- moet dit nooit prysgee nie. Never compromise your beliefs.

Bly kalm! Moenie bang wees nie, al lyk dinge rof.  Moenie dat dinge jou van stryk bring nie. Leef gesond – oefen, slaap ,eet reg en maak genoeg tyd vir ontspanning . Jy het een liggaam en een lewe.  Make it count.

Sorg dat jy ‘n goeie lewe/werk balans handhaaf – te veel van een of die ander werk nie lekker uit nie.

Moet jouself nooit met ander vergelyk nie- jy is jou eie mens – die enigste persoon waarmee jy jou moet vergelyk is die persoon wie jy gister was en om  daarop probeer verbeter.

Moenie bekommerd wees nie – veral nie iets waaroor jy geen beheer het nie.  Negentig persent van dit waaroor jy jou bekommer sal nooit gebeur nie.

Onthou dat ander mense nie verantwoordelik  is vir jou geluk nie – JY is.

Moet nooit ophou leer nie – nee, nie akademies nie, maar by ander mense … al is hulle dalk jonger as jy.  Ouer mense het ongelooflike kennis, wysheid en insig wat hul oor die jare opgedoen het.

Vergewe ander onvoorwaardelik. Wees bewus van jou swak punte, maar moenie daarop fokus en obsessief wees daaroor nie. Lewer altyd jou beste onder alle omstandighede.

Wees bereid om die gevolge van jou besluite te dra. Geniet jou vryheid, maar met verantwoordelikheid.

Bly by jou begroting en pas op vir skuld.  Beplan mooi.  Mens hoef nie die duurste te hê nie, maar goeie kwalitiet is beter.

As jy sou faal in iets , probeer weer.  As ‘n deur nie oopgaan vir jou nie, klim deur die venster.  Kannie bestaan nie.

Respekteer alle mense. Maak elke oggend jou bed op. Al wat jy het in die lewe, is jou naam en integriteit – moenie dit weggooi nie.

Familie is baie  belangrik – moet dit nooit vergeet nie. Jy is sterker en taaier as wat jy dink.  Dit word in die lewe getoets. Volg jou drome.

Dit mag dalk n tydjie neem om jou doel in die lewe te vind,  as jy dit gevind het, moenie terugkyk nie. Stel realistiese doelwitte vir jouself.

Tyd is kosbaar – maak die beste van elke dag en maak tyd vir dinge wat regtig belangrik is en waarde het.

Moet niks as vanselfsprekend aanvaar nie en lewe n lewe van opregte dankbaarheid.  Tel jou seëninge. Moenie dinge te ernstig opneem nie. Hakuna matata.

Onthou!  Soos ‘n wyse dogtertjie met die naam van Marisa eendag gesê het : Roomys maak alles beter.

Al is jy nie meer in die huis nie, bly jy diep in ons elkeen se harte.  Niks kan dit wegneem nie. Net so is ons in joune en jy sal nooit alleen wees nie.  Jou huis sal altyd hier wees. Ons is een oproep ver.  Maak nie saak watter dag/nag of tyd dit is nie. 

Ons is lief vir jou en super trots op jou !!

Pappa, Mamma , Marisa en die bulldogs Winsington en Emme-lielie.”

Foto verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oudtshoornhighschool.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal