ATKV-Junior Afrikaanse Olimpiade. Dit is met trots dat Hoërskool De Aar kan spog met Liné Pienaar en Antoné Menne se puik prestasie in die ATKV-Junior Afrikaanse Olimpiade.
Dit is reeds omdat die vraestel so uitdagend was dat hierdie twee leerders bo die res van die deelnemers in die Noord-Kaap uitstaan. Liné is die provinsiale wenner van die Noord-Kaap vir die Huistaal afdeling. Sy ontvang ook prysgeld vanaf die ATKV as beloning vir hierdie prestasie. Antoné beklee die tweede plek in die Noord-Kaap.
Baie geluk aan hierdie leerders met hul posisie in die Top 4 van die Noord-Kaap! Hulle staan beslis nie terug vir ʼn uitdaging nie.
Hoërskool De Aar vir uitnemendheid!
Foto verskaf
Meer oor skolenuus:
Become a Sponsor








