)

Paul Roos Gimnasium – Schools That Rock gesels met Josua Bester

Paul Roos Gimnasium. Dit is vir Schools That Rock  ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Josua Bester, Onderhoofseun vir 2022, van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch.

Josua, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Paul Roos Gimnasium?

My rol as Onderhoofseun is om ‘n goeie voorbeeld te stel vir my mede-leerders en veral die Graad 8’s wat volgende jaar die skool gaan binnekom. Dit is ook ons verantwoordelikheid om te verseker dat die skool se tradisies voortgaan en om nuwe tradisies te vestig.

Hoe het die afgelope vier jaar by Paul Roos jou vir die rol as leier voorberei?

Ek het baie blootstelling gehad aan die leiers wat voor ons gekom het en ek het baie saam met hulle gewerk. Om net by die skool te wees en deel te wees van die daagliks gebeurtennise berei jou baie voor om ‘n leier te wees. As jy weet hoe jou skool werk en hoekom dit werk is dit baie maklik om die leierskap daarvan te verstaan.

Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?

Die vorige jaar se leerlingraad en hoofleiers het baie gehelp om aan te pas by die posisie en hulle het vir my goeie advies gegee. My pa was ook nog altyd ‘n groot mentor in my lewe en hy gee vir my goeie leiding in hoe om my werk te hanteer.

Watter studieriging beoog jy na skool?

Ek sal graag medies wil gaan studeer as ek daarvoor kan inkom… Enigiets in daardie rigting sal vir my interessant wees om te doen.

Wat staan vir jou die meeste uit by Paul Roos Gimnasium?

Die ongelooflike gees. Dit mag dalk cliché klink, maar Paul Roos het vir my ‘n gees wat soos geen ander skool s’n is nie. Jy moet dit eers ervaar voor jy dit regtig kan verstaan. Ook die ligging. Ek dink nie ons kom agter hoe bevoorreg ons is om in ‘n dorp soos Stellenbosch skool te gaan nie.

Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?

Nie noodwendig nie.  Ek dink dat dit negatief kan wees om kinders te forseer om aan sport deel te neem wat hulle nie geniet nie. Skole moet eerder probeer om ‘n wyer hoeveelheid sport aan te bied sodat almal iets het waaraan hulle wil deelneem.

Wat het jy sover die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?

Die gevoel daarvan om deel te wees van iets wat groter as jy is, amper soos ‘n familie. Die lekker tye in klas en die herinneringe is onvergeetbaar en iets wat ek nie sou ruil vir enigiets nie.

Wat is jou doelwitte vir jou dienstermyn?

Om die gevoel van gees en  broederskap terug te kry wat tydens Covid amper weggeraak het. Die gebrek aan sport en sosiale byeenkomste het van ons skool ervaring gesteel, en ons moet dit probeer terugkry. Ek wil ook probeer om ‘n verskil te maak vir die graad 8’s wat volgende  jaar in die skool in kom. Hulle moet die beste jaar mootlik hê en aan die einde van die jaar ware Paul Roosers wees.

Wat motiveer jou om jou ideale te bereik?

Ek dink my sterk waardes en die vriende rondom my is groot motiveerders om my ideale te bereik. ‘n Goeie mengsel van interne en eksterne motivering vind ek werk die beste.

Hoekom sou jy leerders aanraai om ook deel van Paul Roos Gimnasium te word?

Jy sal jouself net ‘n guns doen as jy Paul Roos toe kom. As jy bereid is om aan te pas en jou alles vir die skool te gee, sal hier altyd ‘n plek vir jou wees. Hier is geleenthede wat jy op geen ander plek  sal kry nie en net die beste van die beste.

Foto verskaf
Meer oor skolenuus:
https://schoolsthatrock.co.za
https://paulroos.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal