)

BVHS – Schools That Rock gesels met Dawie Maree

BVHS. Dit is vir Schools That Rock  ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Dawie Maree, Hoofseun van Bethlehem Voortrekker Hoërskool vir 2022.

Dawie, hoe sien jy jou rol as hoofleier van BVHS?

Ek glo nog altyd ‘n leier is iemand wat die voorbeeld stel vir ander om na op te kyk en na te volg. Maar vir my is ‘n leier ook ‘n dienaar. Nie iemand wat vra wat ander vir hom kan doen nie, maar iemand wat vra wat hy vir hulle kan doen. Ek hoop om die beste voorbeeld van die beste Dienaar, Jesus, te wees wat ek kan wees en sodoende my skoolmaats tot hoër hoogtes te inspireer.

Dink jy dat die maatreëls wat die regering tov Covid-19 vir skole ingestel het voldoende is?

Ja beslis. By Voortrekker stap ons elke oggend by ‘n veilige omgewing in. Die onderwysers hou ons op ons tone om te verseker dat ons by die nodige maatreëls bly.

Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?

Ek kan nie op my twee hande tel na hoeveel mense ek opkyk nie, maar oom Angus Buchan is vir my ‘n groot inspirasie. ‘n Man wie se fokus op niks anders as God is nie en wat ‘n besluit met totale vertroue in geloof neem, sonder ‘n backup-plan.

Watter studieriging beoog jy na skool?

BSc Agric.

Dink jy dat Suid-Afrikaanse skole voldoende geleenthede bied vir die studierigring wat jy gaan volg? Waarom?

Ja, want die meeste skole bied Wiskunde en Fisiese Wetenskap aan, wat vereiste vakke is vir die studierigting wat ek wil volg.

Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?

Nee, ek dink nie so nie. Sport en oefening is baie belangrik vir gesondheid, maar almal hou nie daarvan nie en aangesien daar oorgenoeg ander aktiwiteite is wat in almal se smaak voorsien, hoef niemand verplig te voel om sport te doen nie. Mens moet iets doen omdat jy dit wil doen, nie omdat jy gedwing word nie.

Wat het jy die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?

Die hoendervleis-oomblikke in my Voortrekkertrui is definitief ‘n hoogtepunt. Om deel te wees van die ongelooflike Trekker-gees by ‘n atletiekdag of ‘n elektriese saalbyeenkoms. Wetenskap eksperimente wat bietjie skeef geloop het, skoolkampe en -toere en nog vele meer goue herinneringe.

Is jy 100% seker van jou studierigting na skool? Verduidelik jou antwoord.

Nee, nog nie heeltemal nie. Ek oorweeg ‘n paar ander rigtings ook en is nog onseker oor wat presies ek wil studeer.

Na watter Universiteit gaan jy volgende jaar?

Waarskynlik UV of NWU

Lees meer oor BVHS:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.voortrekker.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal