OP Tennisproewe. Vier van Laerskool Stulting, Humansdorp, se leerders, Elandré van Loggerenberg, Reghardt Conradie, Lianca Rose en Naruschka Conradie het Sarah Baartman verteenwoordig by die o/14 OP Tennisproewe.
Tydens hierdie proewe is verskeie wedstryde gespeel waarna die top-8 seuns en top-8 dogters met die hoogste punte aangewys het. Al vier leerders van Stulting het die top-8 bereik. Daarna is uitklop-rondtes gespeel wat die top vier in elke groep bepaal het. Verdere wedstryde is gehou om die ranglys van die top vier, plus twee reserwe spelers, te bepaal. Elandré van Loggerenberg is as tweede gekeurde seun aangewys en Lianca Rosé het sesde geeїndig as 2de reserwe in die dogtersspan. Hierdie jaar het Elandré nie net OP-klere vir o/13 tennis behaal nie, maar ook vir o/14 tennis. Dit wil gedoen wees!
Die top 4 seuns en meisies sal in Desember aan die Summer Games in Gauteng deelneem.
Baie geluk aan die leerders met hul pragtige prestasies.
Foto’s verskaf
Lees meer oor Stulting: