Junior Rugby. Die Junior Errie-Arende van Hoërskool Ermelo, het Saterdag 30 Oktober teen ‘n o/13 Klub van Pretoria gespeel. Die Errie-Arende het met hierdie wedstryd vir die laaste keer Junior rugby kaalvoet gespeel.
Hoërskool Ermelo het vir die o/13’s die wedstryd gereël. ‘n Goeie gees het onder die spelers geheers. Al was dit hulle laaste kaalvoet wedstryd, het hulle dit terdeë geniet!
Erries is baie opgewonde om die Junior Errie-Arende in 2022 te verwelkom. Hier is ‘n geleentheid vir die spelers om ‘n goeie rugbyseisoen te kom aanpak!
Lees meer oor Hoërskool Ermelo: