)

Sewes Rugby – EHS bied suksesvolle Impi Visser 7’s-dag aan

Sewes Rugby. Hoërskool Ermelo het op Saterdag, 23 Oktober, die eerste amptelike Impi Visser 7’s-toernooi aangebied. Rugby en die liefde vir skolesport het geseëvier! 28 Spanne het aan die sewes rugby toernooi deelgeneem in onderskeidelik o/13-, o/15- en o/17- spanverband. 

Impi Visser en Phillip Snyman het as eregaste opgetree vir die dag. Hulle het die geleentheid besonders gemaak vir al die besoekers wat dié Blitzbok-helde se teenwoordigheid geniet het. Impi en Phillip het die man van die dag in elke ouderdomsgroep aangewys. Die volgende seuns het hierdie toekennings ontvang:

Steven Miller van Collegions rugby Club is aangewys as die o/13-speler van die dag

Lorenzo Snyers van Witteberg ontvang dié toekenning in die o/15-ouderdomsgroep

Die o/17-man van die dag was Grant de Jager van Hoërskool Middelburg.

Collegions rugby Club is as die o/13-wenners aangewys vir die dag. Hoërskool Witteberg van Bethlehem is aangewys as o/15-wenners. Hoërskool Middelburg was die wenners in die o/17-ouderdomsgroep.

Baie dankie aan elke seun, afrigter en ouer wat ‘n bydrae gelewer het om van hierdie dag ‘n sukses te maak.

Dankie aan al die borge, NASHUA (hoofborg), USN, De Wit Motors Ermelo, dokter Anton Steenkamp en Marlet Winckler van Winckler en Steyn wat die dag se fisioterapeute gereël het, wat dit saam met Hoërskool Ermelo moontlik gemaak het om die dag suksesvol te kon aanbied.

Die betrokkenheid van die gemeenskap dra by om elke seun se liefde vir rugby te ontwikkel.

Foto vlnr: Nashua verteenwoordiger, me Elsa Visser, Impi Visser, Grant de Jager en Phillip Snyman

Foto’s verskaf

Lees meer oor Erries:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal