Gert Sibande Netbal. Drie van Hoërskool Ermelo se Fast Five-netbalspanne het Donderdag, 21 Oktober, aan vanjaar se ligawedstryde te Standerton deelgeneem. Die dogters het hierdie formaat van netbal terdeë geniet en terselfdertyd hulle vaardighede opgeskerp ter voorbereiding van die 2022-netbalseisoen.
Die Erries se o/17A-span eindig as liga-naaswenners en die o/15A’s behaal die derde plek in Gert Sibande. Beide spanne dring deur na die Mpumalanga-kampioenskap wat op 28 Oktober te Middelburg plaasvind.
Baie geluk aan elke netbaldogter en sterkte met die wedstryde wat voorlê.
Foto’s verskaf
Lees meer oor Erries: