)

Western Mounted Games Erries – Pryse ingeryg by kompetisies

Western Mounted Games Erries. Die Western Mounted Games het vanaf 3 tot 6 Oktober in Parys plaasgevind. Hoërskool Ermelo se ruiters het uitstekend gevaar.

Die Erries het die volgende prestasies behaal:

Jade van Strijp het ‘n eerste plek behaal op haar perd Klinker in Curriculum level 0.

Karmien Pretorius op haar perd Caramel, behaal ‘n tiende plek in level 1.

CJ Steenkamp het ‘n vierde plek op sy perd Line of Controle in level 4.

Level 5

Walter van der Walt behaal ‘n vyfde plek op sy perd Asian Prinses in level 5.

Mia van Aardt het ‘n sesde plek behaal met haar perd Lava Girl in level 5.

Mia Steenkamp, met haar perd Amego, behaal ‘n sewende plek in level 5.

Walter, Mia Steenkamp en Mia van Aardt stap as wenners weg van die level 5 span-kompetisie

Level 7

Melissa Olivier behaal ‘n algehele tweede plek op haar perd Scooby Doo Too in level 7 en sy word gekies as reserwekampioen.

Carli Huber het die algehele negende plek behaal op haar perd Migelo in level 7.

Inge van der Walt behaal ‘n tiende plek op haar perd Day Dream Candyman Tokolosh in level 7.

Melissa, Carli en Inge eindig tweede in level 7.

Level 7 se span-kompetisie is gewen deur Inge van der Walt, Carli Huber en Mia Steenkamp.

SANESA hoërskool level 0-kampioen

Baie geluk aan Jade Van Strijp op Klinker Curriculum wat aangewys is as die algehele SANESA hoërskool level 0-kampioen vir 2021 se nasionale-kampioenskap. Die Erries is supertrots op haar met hierdie prestasie.

Veels geluk aan Melissa Olivier wat vir die tweede opeenvolgende jaar gekies is vir die SAEF-span. Hoërskool Ermelo eindig algeheel negende by die Nasionale-kampioenskap waar 176 skole deelgeneem het! DIt is voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie.

Die Core League-kampioenskap het plaasgevind te Kyalami en hier het die Erries die volgende prestasies behaal:

Mia Steenkamp eindig derde in die 90cm Two Phase kompetisie.

Surika Struwig behaal ‘n eerste en sesde plek in Elementary Medium Dresseer en ‘n vierde plek in Elementary Medium Freestyle Dresseer.

Simoné Jacobsz behaal ‘n agtste en 35ste plek in onderskeidelik Novice Dresseer toets 6 en toets 5.

Helené Lotz behaal elfde en twaalfde plekke in Junior Elementary Medium Dressage, asook  veertiende en 21ste plekke in Junior Novice Dressage.

Sudré Meyer het ‘n vyfde plek vir Competition Jumping behaal.

Mpumalanga het tydens die byeenkoms algeheel derde geïendig.

Baie geluk aan elke Errie wat ‘n plek behaal het. EHS is trots op julle.

Inge van der Walt en Mia Steenkamp
Mia van Aardt en Carli Huber
Walter van der Walt en CJ Steenkamp
Karmien Pretorius en Helené Lotz
Surika Struwig
Sudré Meyer

Foto’s verskaf

Lees meer oor Hoërskool Ermelo:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal