Long Distance Casting. Matthew de Bruin, Graad 1, van Primêre Skool Naudéville in Welkom, het besluit om sy debuut te maak. Hy het op 2 Oktober, sonder oefening, met die 2de laaste kompetisie vir die jaar in die sportsoort, “Long Distance Casting of Sea Weights”, oftewel, Vergooi of Verwerp die tweede plek behaal.
Hy behaal ‘n plek in die penkop afdeling met die beste afstande van 53.73m met die 76g gewig en 47.60m met die 56g gewig. Matthew het algeheel tweede geëindig in sy ouderdomsgroep.
Baie geluk, Matthew. Jy is ‘n yster!
Lees meer oor Primêre Skool Naudéville:
Become a Sponsor








