Gholf. Jano Malan van Hoërskool Upington het reeds gekwalifiseer vir Noord-Kaap onder-19 interprovinsiale gholf span. Dié span gaan Desember in Kimberley deelneem teen al die ander provinsies van die land. Dit is ‘n spankompetisie tussen al die provinsies. Jano het reeds op vyftienjarige ouderdom in gholf vir hierdie span gekwalifiseer.
Die naweek van 24 tot 26 September het Jano en die res van die onder-19 gholf span deelgeneem aan die Noord-Kaap Platteland gholf toernooi. Vier sub-unies van die Noord-Kaap en die onder-19 span het teen mekaar gespeel. Die onder-19’s het goed gevaar. Hulle het algeheel 2de geëindig. Jano het 6 van sy 8 wedstryde gewen.
Die afgelope week het Jano aan die SA Boys onder-17 en Dimension Data onder-19 S.A. Kampioenskappe deelgeneem. Die kampioenskappe het in St. Francis Baai plaasgevind. As gevolg van Covid-19 is die 2 toernooie gelyktydig aangebied.
Daar was 144 spelers waarvan 96 onder-17 spelers was. Slegs die top juniors in SA kwalifiseer vir die toernooi. Slegs 2 seuns uit die Noord-Kaap het kwalifiseer.
Jano het agtste in die onder-17’s geindig. Hy het ook gesamentlik elfde in die onder-19 groep geëindig. Dit is ook ‘n hoogtepunt vir hom om in die top 10 te eindig!
Eerskomende naweek neem hy deel aan die Lime Acres junior ope, waar hy die afgelope 2 jaar die kampioen was.
Sterkte vir die naweek, Jano!
Lees meer oor Uppies: