)

OMS Somersdrag – Eer en respek vir beeldskone somersdrag

OMS Somersdrag. Kan jy jou voorstel, wintersdrag reg deur die jaar by die skool. Ja, die swart sykouse, wit hemp, das en die hele spul. Gelukkig vir ons is daar die pampoenrok! En van Maandag af trek ons haar weer aan.

Dié legendariese en kenmerkende skoolrok het haar verskyning in 1949 gemaak. Die pampoenrok-somersdrag met die wit kragie en wit mouboordjies is deur mev. Trümpelmann ontwerp. Hoe trots moes die dogters destyds nie gewees het om die eerste generasie in die lieflike en geliefde nuwe oranje rokkie te wees nie. Dit het wel enkele sentimeters bo die enkels gehang, maar vir eers was hulle heel tevrede.

Vir die volgende vyf jaar het Oranje met die pampoenrokke gepronk voor daar is 1954 veranderinge aan die rok gemaak is. Dit het uiteindelik ’n soom ingekry. Dit het geskuif van sentimeters bo die enkel tot sentimeters bo die knie. Die vaal oranjerok met die hoëhalskraag mag dalk nie die mooiste wees met eerste oogopslag nie, maar die spesiale rokkie het jaar ná jaar in dogters se harte ingekruip.

Nes elke ma dink haar eie kind is die mooiste, dink Oranje-meisies hulle eie pampoenrokkie is beeldskoon. Die dogters is baie trots op en dankbaar vir die mooi somersdrag aangesien nie alle Oranjeniete dit kon geniet nie. Sedert 1949 is Oranje die “pampoenrok-skool” en dra dogters dit met eer en respek. Tot vandag toe is dit ’n lieflike beeld om “pampoenkinders” (soos twee plankies na hulleself verwys) op die skoolgronde te sien lag en speel.

’n Stukkie mode-advies van my: ’n Moet-hê in jou klerekas is altyd… ’n pampoenrok!

– Deur Jana de Villiers (OMS-redaksie)

Lees meer oor Oranje:

https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal