Stayers Krieketfees 2021. Grey College o/17 het Westville Boys’ High School van Durban se o/17 krieketspan die stryd aangesê. Westville teken 114/10 aan in 30.5 beurte. Die boulers, Samu Lephoto 5/20 in 8 beurte en Hanno van Eck 2/15 in 6 beurte was Grey se beste boulers.
Grey teken in hul kolsbeurt 115/5 in 23 beurte aan. Grey se kolwers wat uitgestaan het, is Juandré Bezuidenhout 37 en Armand Havenga met 31 lopies.
Geluk met jul oorwinning van vyf paaltjies, manne!
#ViveLaGrey#Grey2Gold#Greykrieket#krieket
Lees meer oor Grey: