)

Mpumalanga kunskompetisie – Errie kunsleerders vaar uitstekend

Mpumalanga kunskompetisie. Jaarliks neem die Erries deel aan die Mpumalanga-kunskompetisie wat deur die Departement van Onderwys geloods word.

Elke jaar word ‘n gegewe tema verwerk tot ‘n produk wat ‘n deur paneel beoordelaars beoordeel word. Die jaar was die tema: “Integrasie.” Leerders het die tema op ‘n verskeidenheid kreatiewe maniere geïnterpreteer en uitgebeeld.

Vanuit die 174 inskrywings in Mpumalanga, het EHS ses meriete- en top tien plekke behaal. Baie geluk aan die volgende leerders met uitstekende uitslae: Elzhan Roets behaal ‘n derde plek in Mpumalanga met 94% vir haar kunswerk waarin rykdom en armoede uitgebeeld is. Nadia Jele (89%) eindig agtste in die provinsie en Kayla Slabbert (88%) eindig sewende in Mpumalanga. Asanda Khathide (87%), Morné Olivier (87%) en Jolindi Annandale (82%) behaal elk meriete-toekennings vir hul inskrywings.

Hierdie is besondere prestasies wat getuig van harde werk en kreatiewe denke deur die Erries. Baie geluk en dankie aan me Carin van der Merwe vir die ure se deeglike werk wat met haar kunsleerders spandeer word om elkeen te ontwikkel tot die beste van sy/haar vermoë.

Baie geluk met die mooi prestasies.

Erries is baie trots op julle!

Mpumalanga kunskompetisie - Errie kunsleerders vaar uitstekend met die tema "Integrasie"
Kayla Slabbert behaal (88%) en eindig sewende in Mpumalanga
Mpumalanga kunskompetisie - Errie kunsleerders vaar uitstekend met die tema "Integrasie"
Elzhan Roets behaal ‘n derde plek in Mpumalanga met 94% vir haar kunswerk waarin rykdom en armoede uitgebeeld is.
Mpumalanga kunskompetisie - Errie kunsleerders vaar uitstekend met die tema "Integrasie"
Asanda Khathide behaal (87%) en ‘n meriete toekenning vir haar werk
Mpumalanga kunskompetisie - Errie kunsleerders vaar uitstekend met die tema "Integrasie"
Nadia Jele behaal (89%) en eindig agtste in die provinsie
Mpumalanga kunskompetisie - Errie kunsleerders vaar uitstekend met die tema "Integrasie"
Jolindi Annandale behaal (82%) en ‘n meriete-toekennings vir haar inskrywings.

Foto’s verskaf

Lees meer oor Hoërskool Ermelo:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal