)

Mpumalanga Sunbirds Netbal – NHS Netbalster Skitter

Mpumalanga Sunbirds Netbal. Hoërskool Nelspruit se Juffrou Maryke Coetzee het vanaf 5-12 September die klaskamer verruil vir die netbalbaan. Me. Coetzee het die provinsiale span, die Mpumalanga Sunbirds, verteenwoordig by die eerste been van die Telkom Netballiga. Maryke is geen vreemdeling by die Telkom Netballiga nie. Sy het vir die agtste keer hierdie jaar op die baan uitgedraf. 

“Vanaf 2014 tot 2016 het ek vir die Vrystaat gespeel. Ons het drie jaar in ‘n ry die toernooi gewen. Dit was definitief ‘n hoogtepunt vir my!”

Die afgelope twee jaar is die toernooi volgens die Covid-19 regulasies vir die veiligheid van die spelers aangepas. Verlede jaar is die toernooi in ‘n bio-borrel aangebied. Dit het nuwe eise aan die spelers gestel en dit was ‘n groot aanpassing. Hierdie jaar is daar besluit om die toernooi oor twee sessies aan te bied. Terwyl die spelers deelneem het hulle in ‘n bio-borrel verkeer.

Oefenprogram

Ter voorbereiding vir hierdie jaar se toernooi het me. Coetzee ‘n nuwe oefenprogram gevolg en gereeld seker gemaak dat die oefeninge uitdagend genoeg is om haar gemotiveerd te hou.

As kaptein van die Sunbirds het sy ook die span positief gehou. “Elke dag werk jy maar met ‘n nuwe strategie. Dit is ook die span wat mekaar motiveer en mekaar se gees lig.”

Die Sunbirds het gedurende hierdie eerste been van die toernooi mekaar se spel goed leer ken en hoop om weer te begin waar hulle geëindig het. Die mikpunt is om in die semifinaal te kan speel.

Me. Coetzee se advies aan jong aspirant netbalspelers is om hard te oefen. “As jy ‘n droom het, jaag dit na! Met harde werk en determinasie kan jy enigiets bereik!”

Die Telkom Netballiga word op SuperSport uitgesaai . Die Nellies sien daarna uit om me. Coetzee weer in aksie te sien.

Lees meer oor NHS:

https://schoolsthatrock.co.za

https://nelliesh.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal