)

Junior hokkiespelers op Astro – Uppies woon hokkiekliniek by

Junior hokkiespelers op Astro: Daar was groot vrolikheid op die Astro van Uppies. Die Juniors van sommige skole het ‘n hokkiekliniek by Uppies bygewoon, en die talent was volop.  Meer as 200 junior hokkiespelers het deelgeneem aan die kliniek op Uppies se Astro. Dit is aangebied deur ‘n groep entoesiastiese afrigters van Hoërskool Upington. Sommige van die spelertjies was skaars hoër of langer as hul hokkiestokke, maar hulle het met mening hokkie gespeel.

Uppies bedank alle ouers wat hul jong talent aan die bekwame Hoërskool Upington hokkie afrigters toevertrou het. Al die hokkiespelertjies het verseker die dag op Uppies se Astro baie geniet.

Sonder ongelooflike borge is geen geleentheid soos hierdie moontlik nie. Hiermee bedank Uppies Hokkie die borge vir hul bydraes om hierdie dag ‘n sukses te maak: Superspar Kalahari Mall, Intertekens Upington, Upington Toyota, Danie Janse van Rensburg.

Daar word gedurende Oktober weer ‘n kliniek aangebied. Almal word uitgenooi om weer te kom leer en saamspeel op Uppies se Astro.

Foto’s verskaf

Junior Hokkiespelers hou hokkiekliniek
Junior Hokkiespelers by hokkiekliniek
Hokkiespelers by hokkiekliniek

Lees meer oor Uppies:

https://schoolsthatrock.co.za

http://www.uppies.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal