)

Mpumalanga skole-gholfproewe – Erries vaar uitstekend

Mpumalanga skole-gholfproewe. Vier gholfspelers van Hoërskool Ermelo het op Maandag 13 September aan die jaarlikse Mpumalanga skole-gholfproewe se eerste ronde deelgeneem. Die proewe het op die Mbombela Gholfklub plaasgevind.

Hulle is onderskeidelik Kobus van Heerden, Liam Kitchenmaster, Tobie Leibbrandt en Pieter Leibbrandt. Al vier seuns het die Erries se naam hoog gehou en uitstekende gholf gespeel.

Tobie Leibbrandt en Kobus van Heerden dring deur na die finale rondte proewe wat op Maandag 20 September te Volksrust Gholfklub sal plaasvind.

‘n Derde Errie, Wian Swart, sal sy twee spanmaats na Volksrust vergesel na hy die eerste ronde moes uitsit as gevolg van ‘n besering.

Baie geluk en sterkte aan elke leerder wat Hoërskool Ermelo op die gholfbaan verteenwoordig.

Die Erries is besonder trots op julle.

Lees meer oor Hoërskool Ermelo:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal