Fichies vier heerlike Lentedag: Hoërskool Fichardtpark het op 8 September Lentedag gevier met groot pret.
Die leerderraad het die leerders vermaak met ‘n kort opvoering. ‘n Paar unieke riglyne is gedemonstreer oor hoe om lente te vier.
Daar was ook ‘n raaisel-kompetisie en elke graad kon volgens ‘n verskillende tema aantrek.
Dit was heerlike lente by Fichies!!