)

Hoërskool Upington Netbal-afrigter “Senior Sports Coach”

Upington Netbal Christine Esterhuizen. Mev Christine Esterhuizen van Hoërskool Upington dien al vir die afgelope 4 jaar op die Noord-Kaap Skole-netbal se bestuur. Sy is “High School Convenor”. In 2021 word sy ook verder verkies op die ZFM Senior Netbal se bestuur as “Director of Coaches”.

Na baie harde werk en ure van afrigting behaal sy ook haar Level 3 afrigting. Daarmee kry sy erkenning vanaf SASCOC as “Senior Sports Coach”.

Behalwe vir die feit dat Mev Esterhuizen Noord-Kaap Skole-netbal tot op ‘n hoër vlak neem, begin sy ook in 2021 by Upington Dorp Netbalklub afrig. Hulle neem deel aan die Twizza Challenge. By hierdie toernooi wen hulle die distriks afdeling en eindig hulle algeheel tweede in die provinsie. Verskeie van Hoërskool Upington se oud-skoliere het vir hierdie span gespeel.

By laasgenoemde toernooi word Di-Marie Visser van Upington gekies as beste senterbaan speler van die toernooi.

Verder word mev Esterhuizen ook verkies as die afrigter van die senior ZFM span. Hulle neem in Oktober aan die provinsiale netbal toernooi en in Desember aan die Nasionale netbal toernooi deel.

Uppies se oud-skoliere is ook gekies vir hierdie onderskeie spanne:

ZFM senior span

Navern Olivier en Di-Marie Visser

ZFM 0/21 span

Melonice Kordom

Di-Marie Visser word verder vereer deur opgeneem te word in die Diamonds span. Hulle neem in Oktober aan die Telkom toernooi deel.

ZFM senior span: Navern Olivier en Di-Marie Visser
Netbal: Provincials en Nationals

Uppies netbal is baie trots op julle.

Foto’s verskaf

Hoërskool Upington plaas ‘n hoë premie op sport as deel van hul opvoeding. Skolesport wat Uppies aanbied is atletiek, gholf, hokkie, krieket, netbal en rugby. Verder word skaak, skiet en tennis aangebied. Ander sportsoorte is extreme, gimnastiek, interjol, karate, perdry, sportdinee, swem en tweekamp.

Lees meer oor Uppies:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/northern-cape/northern-cape-schools/

http://www.uppies.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal