Alies se Graad 12 Gasvryheidstudie-leerders sien elke jaar uit na hulle praktiese eksamen. Dis is ‘n hoogtepunt op die kalender wanneer hulle hul kennis ten toon stel deur ‘n watertand viergang maaltyd te bedien.
‘n Viergangete, sowel as hul dekor vernuf, maak deel uit van hul praktiese eksamen.
Hulle groot feesmaal is Vrydag 27 Augustus gehou by hul eie “Oppibult” restaurant.
Die leerders het self die kos voorberei en moes boonop kelner ook speel.
Al die eregaste het gesmul aan hors d’oevres, dis nou vingerhappies vir ons gewone ouens, van komkommer en tuna in wiele gerol.
Heerlike warm “butternutsop” bedien met varsgebakte brood was die voorgerreg.
Hoofgereg het beestaan uit beeshaas met sampioensous, geroosterde aartappels, geglaseerde groenbone, wortels en ‘n ou gunsteling van pampoenkoekies met karamelsous!
Geen maaltyd is voltooi sonder om die soettand te bevredig nie.
‘n Nagereg van aarbeikaaskoek is bedien en versier met aarbeistokkies.
Baie geluk aan elke Graad 12 Gasvryheid-leerder wat ywerig gewerk het om die aansitete ‘n groot sukses te maak!
Julle het ‘n blink kosmaak-toekoms wat wink.
Meer oor Hoërskool Aliwal-Noord:
https://schoolsthatrock.co.za/category/eastern-cape/eastern-cape-schools/east-london/