)

Errie-hokkie vaar goed teen Hoërskool Secunda

Foto bo: Karmien Pretorius

Errie-hokkie het op Saterdag, 28 Augustus 2021 vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Secunda gespeel. Dit was dan ook die matrieks se laaste wedstryd van die jaar.

Goeie gees en spel deur albei die skole het geseëvier. 

Errie-hokkie vaar goed teen Hoërskool Secunda
Deidre van der Meyden

Die uitslae vir die dogterspanne was soos volg:

Die o/14A-dogterspan wen 4 – 0.  Nqobile Nkosi teken twee doele aan, Wianke Cloete en Elisma Swart slaan elk een doel. 

Die o/15A-dogterspan verloor 3 – 5.  Mia Davel, Ziné Jacob en Melissa Olivier teken hierdie span se doele aan. 

Die o/16A-span speel gelykop met Mia Davel wat albei die doele aanteken. 

Die Calstar Eerstespan-dogters wen 6 – 2. Carla Ferreira teken drie doele. Kayla van der Meyden, Lana Herholdt en Danel Olivier slaan elk een doel. 

Die uitslae vir die Eeste Seunsspan was soos volg:

Errie-hokkie vaar goed teen Hoërskool Secunda
Tyrone Berning

Die eerstespan seuns speel gelykop 3 – 3. Marius Nel, Marnus Marx en Carel Jacobsz is die doelskieters. 

Errie-hokkie vaar goed teen Hoërskool Secunda
Rynard Herholdt agter die bal aan met Gedeon Boersema (links agter) en JF Möller (regs agter) om hom te ondersteun

Dit was vir die Erries lekker om vir die eerste keer in ‘n lang tyd kompeterend te kon meeding. Dit was goed om wedstryd-tyd weer op die astro-baan te kon spandeer.

Baie geluk aan die spanne wat goed presteer het.

Sterkte met alle verdere wedstryde wat gespeel gaan word.

Op Saterdag 4 September 2021 kom die Erries te staan teen HTS Middelburg in tuiswedstryde.

Foto’s verskaf

Lees meer oor Hoërskool Ermelo:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/mpumalanga/mpumalanga-schools/

https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal