Foto Voor vlnr: : Milan du Plessis, Tristan Venter, Linmarie de Lange, Inno Pityso en Keegan Davis
Agter vlnr: Elandri Claassen, Aiden Schoeman, Ntsasa Tseuoa, Lerato Setlabe en Cara Claassen
Primêre Skool Naudéville in Welkom is baie trots op hul landloopatlete in die Goudveld Landloopspan.
Milan du Plessis, Tristan Venter, Linmarie de Lange,Inno Pityso en Keegan Davis, Elandri Claassen, Aiden Schoeman, Ntsasa Tseuoa, Lerato Setlabe en Cara Claassen is opgeneem in die Goudveld Landloopspan wat eerskomende Vrydag, 20 Augustus, aan die Vrystaat Landloopkampioenskappe in Bloemfontein gaan deelneem.
Meer oor Primêre Skool Naudéville:
Sport: Naudies plaas ‘n groot klem op sport. Sportsoorte wat deur die skool aangebied word sluit die volgende in: Rugby, Netbal, Krieket, Atletiek, Landloop, Tennis en ander buite-sportsoorte.
Akademie: Primêre Skool Naidéville streef na voortreflike Afrikaanse onderwys. Ons doen dit in ‘n veilige omgewing deur middel van ‘n Christelike basis eat Liefde, Vriendelikheid, Respek en Omgee kweek in ons toekomstige leiertjies. “Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid.” 1 Petrus 5:2
Kultuur: Die skool bied Voortrekkers,Koor en Redenaars waarin die leerders baie goed presteer.
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/