Hoërskool Linden wens hul nuut-verkose Matriekraad vir 2022 baie geluk.
Sterkte aan elke leerder met dié verantwoordelike taak. Mag julle volhard in jul leierskapsrol as Linden se matriekraad 2022 vir die komende jaar.
DOGTERS: Megan Botha, Zahn Calitz, Caitlin Coetzee, Ané Dannhauser, Carla Dannhauser, Ané Fourie, Chanté Hoffman, Leané Janse van Rensburg, Margaux Le Roux, Danelle Lessingh, Fikile Ntsutle, Anika Oosthuizen, Danielle Van Zyl, Jodie Vermeulen, Alana Viljoen en Andile Zitha.
SEUNS: Ruben Aucamp, Ben De Bruyn, Stephan De Souza, Bernard Greeff, Louwhan Hoffmann, Henno Klopper, Tertius Le Roux, Rogan Scullard, Philip Stander, Marcel Steyn, Philip Steyn, Neil Tomlinson, Reinhard Van Zyl, Franco Vosloo en Johan Weideman.
#dismyskool#lindentrots #Volhard
Meer oor Hoërskool Linden:
Hoërskool Linden het oor die jare homself as ‘n top akademiese skool provinsiaal, asook nasionaal, gevestig.
Hulle handhaaf hoë akademiese standaarde en streef jaarliks daarna om uitmuntende matriekuitslae te behaal.
Ons hou tred met tegnologiese vooruitgang en in 2016 word Hoërskool Linden ‘n Microsoft-vennootskapskool.
Lindeniete word toppresteerders by naskoolse opleidingsentrums en kry toelating op grond van Linden se hoë akademiese standaard.
Hoërskool Linden glo ook aan akademiese verryking buite die normale skool kurrikulum en moedig die deelname aan verskeie Olimpiades en Expo’s aan.
Die akademiese-program is ook vol pret, innovasie en praktiese ervaring met aktiwiteite soos Geek-week, die Sake-week en Entrepreneursdag.
Omdat alle matriekeksamens deur UMALUSI gesertifiseer word, ontvang privaat (IEB) en openbare skole presies dieselfde matrieksertifikaat. Hoërskool Linden bied AP Wiskunde en AP Duits aan. Hierdie leerders verwerf aan die einde van graad 12 ‘n IEB-kwalifikasie in die bepaalde vakke.
Akademiese prestasie by Linden hang nou saam met:
- Ervare, toegewyde opvoeders
- Die gebruik van die nuutste tegnologie in onderrig
- ’n Leerkultuur onder Lindeniete
- Gereelde oueraande om probleme aan te spreek
- ’n Vaste toetsrooster
- Ekstra akademiese verrykingsklasse
- Die aanwys van ‘n akademiese eerste span
https://schoolsthatrock.co.za/category/gauteng/gauteng-schools/north/