)

Laerskool Menlopark stel hul Seuns Hoofleier voor

Soos gewoonte by Laerskool Menlopark, Pretoria, stel hulle hierdie jaar graag hul Leerlingraad voor.

Die seuns hoofleier vir hierdie kwartaal is Lourens Swanepoel.

Lourens is ‘n gebore en getoë Pretorianer. Hy is van graad 00 reeds ‘n trotse Parkie en is baie lief vir mense en geïntereseerd in al hulle dinge. As hy gevra word, wat van skool geniet hy die meeste, is sy antwoord “Die drie pouses”. As mens hom wil reghelp met “Daar is net twee pouses”, is sy vinnige antwoord, “Nee, voor skool is daar ook ‘n pouse. Ek hou daarvan want dan kan ek lekker speel en kuier.”

Hy sit geesdrif in alles wat hy aanpak. Sy groot liefde is om te leer van ‘n groot verskeidenheid onderwerpe, reis, die natuur en sport. Hy het oor die jare Menlopark in ‘n verskeidenheid sportsoorte verteenwoordig. Hy het van graad 1 elke jaar die atletiekspan verteenwoordig en speel van graad 2 vir die skool se tennisspanne. Hy speel ook elke jaar met trots vir die skool krieket. Lourens verteenwoordig ook Gauteng-Noord in tennis.

Hy is ook ‘n passievolle scuba-duiker wat al sy Advanced Open Water kursus voltooi het en net wag om oud genoeg te wees sodat hy PADI se instrukteurskursus kan doen.

Lourens hoop om eendag nuwe visspesies te ontdek en om ‘n verskil in die wêreld te maak deur te help dat mense die oseane beskerm. Een van sy duik-hoogtepunte was toe hy saam met Manta Rays geduik het.

Hy is baie lief daarvoor om na interessante plekke te reis en nuwe mense te ontmoet en dinge te ervaar. Op die oomblik is nog ‘n passie die 1200 Marvel strookprente karakters wat hy bestudeer asof hy oor hulle gaan eksamen skryf.

Lourens beplan om volgende jaar Affies toe te gaan, maar eers wil hy fokus op ‘n onvergeetlike Graad 7 jaar by Menlopark. Om Hoofleier te wees is vir hom ‘n groot eer en ‘n hoë noot waarmee hy sy laerskooljare afsluit.

Hy gaan hard daaraan werk om ‘n verskil by Menlopark te maak.

Meer oor Menlo:

https://schoolsthatrock.co.za/category/gauteng/gauteng-schools/pretoria/

http://menlolaer.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal