)

Veertig jaar in Hoërskool Nelspruit se diens

Foto: Mnr Johan Hattingh en Mev Johanna Coetzee

Mev Johanna Coetzee of tannie Johanna, soos almal haar nou noem, werk al sedert 5 Augustus 1981 by NHS! Sy het as telefoniste begin werk en vyf jaar later agter die tikmasjien ingeskuif as die skool se tikster. Dis nou veertig jaar later en sy is nog steeds aan die tik en doen die werk met oorgawe en passie.

Me. Coetzee het in 1967 by Hoërskool Nelspruit matrikuleer. Haar seun, Hannes Coetzee, én kleinseun, Alex, het ook hier skoolgegaan en matriek geskryf. Sy koester ‘n spesiale plek in haar hart vir die skool en sê: “Ek is regti baie lief vir NHS!”

Sy het gedurende haar tyd as tikster baie tegnologiese vernuwing ervaar. Sy het eers op ‘n meganiese tikmasjien gewerk, daarna ‘n elektriese een en nou op ‘n rekenaar.

“In die begin het ons álles getik – van die hoof se korrespondensie tot vraestelle,” sê me. Coetzee.

Gelukkig is sy leergierig en help haar kleinkinders haar om nog steeds by te hou met die nuwe tegnologie. Sy is uiters vaardig met haar slimfoon.

Hoogtepunte vir haar by NHS sal altyd die Kermis wees en dan ook die Interhoër. Sy sê sy kry nou nog hoendervleis as sy net aan die byeenkomste dink.

“Nog ‘n baie spesiale oomblik was toe die leerders na ‘n kwartaal almal in die saal vir ‘n afsluiting bymekaar gekom het. Daarna het hulle soos een man voor die skool oor die groen gras met ‘n luide gejuig, gehardloop.”

NHS is dankbaar vir haar onbaatsugtige en liefdevolle diens. Mnr. Johan Hattingh (skoolhoof) sê haar passie, vriendelikheid, hulp, professionaliteit en akkuraatheid is onbesproke en getuig van haar toewyding.

More on NHS:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/mpumalanga/mpumalanga-schools/

https://nelliesh.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal