)

Fichardtpark oud-leerders presteer in Rugby

Hoërskool Fichardtpark, Bloemfontein, is trots op hul 2 oud-leerders, Francois Bester en Stefan Kloppers wat opgang maak in rugby.

Francois is gekies vir die Vrystaat O.20 rugbyspan. Stefan speel tans rugby in Nieu Zeeland waar hy verkies is vir die Suid-Canterbury-span. Hy speel tans vir die Timaru Old Boys span.

Hoërskool Fichardtpark is baie trots op sy rugbyspanne en – spelers. Hulle beskik oor 9 rugbyspanne wat in die A-afdeling van die Vrystaatse Hoërskole Vereniging meeding.

Afrigting vind op ‘n baie hoë vlak plaas. ‘n Somer-program word gevolg in die gimnasium en op die veld met alle ouderdomsgroepe. ‘n Voltydse gimnasium-instrukteur is aangestel in samewerking met afrigters om die seuns te kondisioneer. Alle spanne woon elke jaar ‘n oefenkamp by.

Hul jaarlikste hoogtepunt is die Sportdag wat van die grootste sportdae in sy soort is. Van die beste spanne ding op hierdie dag teen mekaar mee.

Oor die algemeen bied Hoërskool Fichardtpark ‘n wye reeks sportsoorte aan om elke leerder die geleentheid te gee om sy/ haar gunsteling sportsoort te beoefen. Van die gewildste sportsoorte by Fichies is rugby, hokkie, netbal, krieket, pluimbal, atletiek, skiet, skaak, tennis, gholf en cheerleaders.

#fichierugby #voorkeurskool

Meer oor Hoërskool Fichardtpark:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/

https://www.fpark.co.za

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal