Tydens die landloop liga 3 op 30 Julie het Hoërskool Fichardtpark se atlete die volge de uitslae behaal:
Dogters 14 – 4km: Duaney Van Wyk – 4de
Dogters 16 – 4km: Lize Ackerman – 7de en Eunike Venter – 12de
Junior vroue – 6km: Mianda Nel – 1ste
Mans 22 – 4km: Andries Howell – 12de
Meer oor Hoërskool Fichardtpark :
Hoërskool Fichardtpark is `n Afrikaanse Hoërskool met `n Christelike karakter.
Ons besef dat die hoërskooljare belangrike vormingsjare is.
Ons wil elke leerder se talente en vaardighede ontwikkel om uiteindelik in `n selfstandige volwassene te transformeer.
Hier by Fichardtpark wil ons graag in jou as jongmens belê en jou totale menswees aanraak met die volgende waardes:
GELOOF
DIENSBAARHEID
INTEGRITEIT
RESPEK
UITNEMENDHEID
Akademie is ons kernbelang met top gehalte leerkragte.
Fichardtpark fokus verder ook op `n balans tussen sport en kultuur.
Akademie ons prioriteit
Sport ons passie
Kultuur ons trots
Fichardtpark – Jóú Voorkeurskool
Atletiek: Fichardtpark neem altyd die voortou by die atletiek. Hulle het verlede jaar gespog met die geesbeker, atletiekbeker en Damesatletiekbeker vir die jaar 2020. Fichies se atlete presteer jaarliks op provinsiale en nasionale vlak. Atletiek by Fichardtpark beweeg elke jaar van krag tot krag en hulle is seker hulle sal weer heelwat leerders in verskeie SA – spanne verteenwoordig.
Ander sportsoorte: rugby, hokkie,netbal, krieket, pluimbal, skiet, skaak, tennis, gholf en cheerleaders.
Fichies word beskou een van Bloemfontein se topskoleop die gebied van akademie, sport en kultuur.
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/