)

BCC nuwe musiekvideo “Sisi ni Moya”

Schools That Rock berig oor die Bloemfonteinse Kinderkoor

Die gewide Bloemfontein Children’s Choir (BCC) stel vandag ‘n nuwe opwindende musiekvideo, “Sisi ni Moya” (We are one) bekend.

Hierdie jaar is die Bloemfontein Children’s Choir reeds 34 jaar oud. Die koor is ook onder leiding van die opwindende nuwe dirigent, Werner Stander. Met die aanstelling van Werner betree die koor ‘n nuwe era. Werner is ‘n welbekende Bloemfonteinse dirigent en opvoedkundige spesialis.

Hierdie video van BCC is gemaak om die herlewing van musiek onder moeilike omstandighede te vier.

Die produksie, met ondersteuning van die Barzani Groep, vorm deel van ‘n korporatiewe inisiatief, “Changing Lives.” Met hierdie inisiatief het die Barzani Groep landwyd sowat 1500 komberse beskikbaar gestel. Die komberse is aan individue en organisasies, wat dit die meeste nodig het, gegee.

Sisi Ni Moja is gekomponeer deur die bekende Amerikaanse komponis, Jacob Narverud. Dit is gedeeltelik in Swahili en Engels geskryf. Die Bloemfontein Children’s Choir bestaan tans uit 64 kinders tussen die ouderdomme van 9 en 17 jaar. Verskeie tale, kulture en persoonlike stories word in die koor verteenwoordig.

Die nuwe video, “Sisi ni Moya” is opgeneem by ‘n aantal bekende landmerke in Bloemfontein soos die Naval Hill Natuurreservaat, Woodland Hills en Emoya Landgoed. Die NG Kerk Bloemfontein Wes, wat tans die tuiste van die koor is, is ook een van die landmerke.

As gevolg van Covid-19 is publieke optredes tans moeilik en gebruik die koor ander media en platforms om ondersteuners te bekoor. Die BCC is ook tans in ‘n baie opwindende fase van vernuwing. Die publiek kan in die volgende paar maande uitsien na verdere skeppende uitnemendheid van hierdie talentvolle span.

Suid-Afrikaners hier ter plaatse, asook oral in die wêreld, sal hierdie nuwe video van die BCC terdeë geniet.

Vorige video van Bloemfonteinse Kinderkoor: Heal The World 2018https://www.youtube.com/watch?v=1ByBNU50tII

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal