)

Leeuwenhof Akademie Redenaars presteer

Schools That Rock berig oor Leeuwenhof se Redenaars

Leeuwenhof Adademie se redenaars en spanredenaars het deelgeneem aan die Gauteng Interskole kompetisie en is baie trots op 3 van hul spanne, graad 1 se beide spanne en graad 3 se een span wat deurgedring het na die Landsfinaal. Die ander 7 spanne se punte is tussen 80 -94!

Dankie aan elke spreker, afrigter en ouer vir julle spanwerk en ondersteuning. Dit is baie kosbaar!

Die spanredenaars van Graad 1 se deelnemers is Xavier Chaves, Liam de Villiers, Hiemneri Hattingh, Rikayla vd Walt, Leila Dreyer, Nathan Hex, Mila-ne vd Schyff en Alyssa Stoltz, en die graad 3 se span is Louis Swanepoel, Ziané vd Walt, Kyle Hex en Erich Vosloo.

Individueel gaan Mila-ne van der Schyff, Scarlett le Roux, Ruvahn Jordaan, Lienke Oosthuizen en Hendrij de Korte die Leeuwenhofvlag laat wapper in die Landsfinaal.

Wenke vir redenaars: Humor is ‘n wenner; interessante oogpunt waaruit jy jou onderwerp benader; glo in jou standpunte en in jouself; berei goed voor; doen navorsing; let op jou taalgebruik; maak gebruik van idiome en beeldspraak; gebruik woordspeling effektief; let op tydsberekening. Geniet dit!

Leeuwenhof is trots op elke Leeutjie wat die skool se naam hoog gehou het tydens dié kompetisie en wens hulle geluk met hul prestasies!

Trots Leeuwenhof! ????#LeeuwenhofAkademie#TROTSLEEUWENHOF#Leeuwenhof#LaerskoolRedenaarsenSpanredenaars

Foto’s verskaf

D

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal