Sommige van Hoërskool Upington se Kultuurdiere asook die Top 10 van gr.11 en 12, het onlangs `n baie interessante praatjie bygewoon.
Solareff, `n spesialis SA gebasseerde hernubare energie voorsienings maatskappy, het dié week die begin van OWK se 592 kWp Solareff Solar PV gevier. Hulle het dit goedgedink om die ATKV te betrek en die skole wat `n ATKV-tak het, is genooi.
Die praatjie was besonders insiggewend en dié leerders kon die agterna vrae sommer flink beantwoord en het pragtige geskenke ontvang.
`n Groot dank aan OWK en Solareff wat die belange van die kinders nog raaksien en hulle uitnooi om geleenthede soos hierdie by te woon. Uppies is altyd beskikbaar vir geleenthede wat die gemeenskap aan hulle bied om die kinders vir die toekoms op te lei.