)

Erries skud hul vere reg vir debat

V.l.n.r: Johan Strauss, Zané du Plessis en Johnke Prinsloo

Op Woensdagmiddag 2 Junie is ‘n debatswerkswinkel van 14:00 – 17:00 vir al die Errie-debatteerders aangebied. Dr. Gustav von Bratt, ‘n gesoute ATKV Debat-beoordelaar asook huidige afrigter van Affies se debatspanne, het die Erries ‘n bietjie kom touwys maak oor debat.

Dr. Von Bratt het die Erries meer omtrent die fynere kunsies van debat kom leer. Aan die einde van die werkswinkel is twee Errie-spanne ook die geleentheid gegun om hul vaardighede op die proef te stel met ‘n onvoorbereide impromptu-debat.

vlnr): Zané du Plessis, Johnke Prinsloo, Mariska van Biljon, J.F. Möller & Chrizanne Joubert besig om dit wat hulle geleer het toe te pas en in te oefen

Debat beleef tans ‘n oplewing by Erries. Hoërskool Ermelo het vanjaar vyf spanne vir die ATKV Debatkompetisie ingeskryf. Die twee juniorspanne het onderskeidelik vierde en vyfde in die provinsiale kompetisie geëindig. Ses Errie-debatspanne neem DV einde Julie aan die Con Spirito-debatskompetisie te Helpmekaar Kollege deel en einde Augustus wag die immer gewilde Dink-of-Sink Debatskompetisie weer op die Erries.

Hoërskool Ermelo is groot dank aan dr. Von Bratt verskuldig en sien met opwinding uit na die res van 2021 se debatseisoen!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal