Sebastiaan Meyer van Grey Kollege het ‘n 4de plek behaal by die jaarlikse Sentrale Universiteit vir Tegnologie, Vrystaat (SUT) se Matriek-Entrepreneur van die Jaar kompetisie.
Sebastiaan het saam met 68 ander leerders ingeskryf vir die kompetisie wat uit verskeie uitdunrondtes bestaan het. Saterdae het hy via Zoom besigheidsklasse bygewoon. Hy het deurgedring na die finale rondte waar hy teen 15 entrepreneurs meegeding het. Hy het sy besigheidsplan voor ‘n paneel aangebied.
Sebastiaan het met sy besigheid “Bosvark Staal” ‘n studiebeursvir 3 jaar ontvang sowel as ‘n kontantprys van R8500.
Hy ontwerp en produseer jag- en visvangtoerusting. Hy sê dat hierdie besigheid het ontstaan uit sy passie vir jag, visvang en staalwerk.
Foto verskaf