)

Hoërskool Punt Junior Debatspan deur na ATKV Nasionale Finale

Op 20 Mei het Hoërskool Punt van Mosselbaai se junior debatspan in Riversdal by Hoërskool Langenhoven deelgeneem.

Dané Lubbe (eerste spreker), Quré Roets (tweede spreker) en Liané Pretorius (derde spreker) het Hoërskool Punt se naam hoog gedra. Dit was hulle eerste keer, so die spanning was tasbaar, maar die entoesiasme ook.  Hulle het gaan redeneer oor hoekom Geskiedenis nie ‘n verpligte vak in alle Suid-Afrikaanse hoërskole behoort te wees nie. Hierdie drie Visse het baie oortuigend geredeneer en goeie ondervinding verkry en kan nou sirkels om enige graad 8-leerder debatteer.

Lischen Roets (spreker 1) en Stefani Muller (spreker 2) het op 21 Mei as senior debatspan in Riversdal deelneem. Hulle het vir ‘n vurige maar passievolle debatgesprek gesorg en hulle opponente moes lekker asem ophou omdat geen argument die voordele van die ontrekking van Multinasionale maatskappye aan Suid-Afrika, enige iemand gaan oorreed nie. Dié span het bankvas agter hulle argumente gestaan en hul goed van hul taak gekwyt.

Punt is baie trots op hul Junior Debatspan wat dan ook deurdring na die Nasionale finaal in Augustus wat by ATKV-Buffelspoort gehou word.

Die Junior debatspan is Dané Lubbe, Quré Roets en Liané Pretorius.

Die Senior debatspan isStefani Muller en Lischen Roets.

Foto verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal