)

EHS-jeugskou spog met uitstekende uitslae

Op Woensdag, 12 Mei, het EHS deelgeneem aan die eerste skou wat aangebied is deur Mpumalanga Jeugskou. Die jeugskouleerders is opgewonde om weer te kan skou en hulle talente en vermoë ten toon te stel.

Die skou het in Balfour plaasgevind en dertien van EHS se leerders het met hul diere gaan spog. Die skou is afgeskop met ‘n toets waar leerders se kennis oor hul onderskeie diere getoets is. Daarna is hul vaardighede om hulle diere te was en voor te berei op die proef gestel. Die skou het afgesluit met die skouman-afdeling. Hier kry leerders die geleentheid om hul diere te vertoon en te wys hoe goed hulle die diere kan hanteer.

Baie geluk aan elke leerder wat presteer het en plekke verower het. Die volgende leerders behaal elkeen ‘n eerste plek: Monique Ferreira in die senior konynafdeling, Martoinette Rautenbach in die senior wolskaapafdeling, LJ Buys in die senior pluimvee-afdeling en Aaisah Adams in die junior pluimvee-afdeling. Arnaud Champaud behaal ‘n tweede plek in die senior pluimvee-afdeling. Qiniso Madonsela, Shaylee Ferreira en Anele Mzinyane behaal elkeen ‘n derde plek in onderskeidelik die senior pluimvee-, senior wolskaap- en senior konynafdelings.

EHS is besonder trots op elkeen wat presteer, maar ook deelgeneem het.

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal