Kaylené Carr, gr.11 in Hoërskool Upington, het die nasionale POORT-kompetisie, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, se voorbladkompetisie gewen.
Die kompetisie behels die ontwerp van ‘n voorblad vir die bundel wat jaarliks deur die SAWK uitgegee word met skryfwerk van skoolleerders van regoor die land.
Dit is die derde agtereenvolgende jaar wat Hoërskool Upington leerders oplewer wat hierdie deel van die kompetisie wen.
Uppies is waarlik trots!