Emmari Gildenhuys, ‘n graad 10-leerder, eindig in die top 32 in die land, na afloop van die Nasionale Toneelspelkompetisie (ATKV).
Hierdie Das het vanaf 6 – 8 Mei in die Kunstekaap (Artscape), deelgeneem. Om in die finaal te wees, was klaar ‘n reuse prestasie!
Emmari het ‘n monoloog, ‘n improvisasie item, asook prosa en gedigte gedoen. Sy eindig, uit ‘n paar duisend inskrywings, in die top 32.
Die skool is baie trots op jou Emmari, en weet dat jy nog baie hoë hoogtes gaan bereik!