Dit is vir Primêre Skool Jordania in Bethlehem baie aangenaam om aan te kondig dat mev. Elda Louw deur die Beheerliggaam en Onderwysdepartment as adjunkhoof by Jordania aangestel is.
Juffrou Elda se kwalifikasies sluit in BA, HOD en Honneurs in Opvoedkundige Sielkunde van die Universiteit van die Vrystaat. Sy het 28 jaar onderwyservaring en is sedert 2006 aan Jordania verbonde as opvoeder, sedert 2009 as Akademiese hoof en vanaf 2019 as Departementshoof.
Sy was ook vroeër skoolhoof van ‘n plaasskool in die Noord-Kaap. Sy het sedert Januarie as adjunkhoof waargeneem, met die aftrede van mnr. Johan van Rooyen. Alle sterkte word haar toegewens in haar nuwe pos.
Foto verskaf