)

Hoër Meisieskool Oranje sportster o.14 SA Tenniskampioen

Donna le Roux, 13-jarige sportster van Oranje, is die Suid-Afrikaanse o.14-tenniskampioen.

Sy het Maandag in die eindstryd van die junior nasionale kampioenskappe in Bloemfontein met 6-2, 6-0 teen Runé van Wyk van Gauteng klaargespeel. Dít nadat sy in haar halfeindstryd ook in skoon stelle met 6-2, 6-1 geseëvier het.

Saam met die eer as die beste o.14-speler in die land, is die bonus van deelname aan die WTA Future Stars-eindronde in China later vanjaar. Daar sal sy teen die res van die wêreld se topspelers van meer as 25 lande in haar ouderdomsgroep meeding.

Ansoné Theron is op haar beurt die o.14-dubbelskampioen. Sy en Morgan Jordaan van Gauteng het saamgespan om die o.14-titel vir meisies te buit.

Die 16-jarige Liné Greyling het self uitstekend gevaar deur tot die halfeindronde vir meisies o.18 te vorder.

Foto verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal