Donna le Roux, 13-jarige sportster van Oranje, is die Suid-Afrikaanse o.14-tenniskampioen.
Sy het Maandag in die eindstryd van die junior nasionale kampioenskappe in Bloemfontein met 6-2, 6-0 teen Runé van Wyk van Gauteng klaargespeel. Dít nadat sy in haar halfeindstryd ook in skoon stelle met 6-2, 6-1 geseëvier het.
Saam met die eer as die beste o.14-speler in die land, is die bonus van deelname aan die WTA Future Stars-eindronde in China later vanjaar. Daar sal sy teen die res van die wêreld se topspelers van meer as 25 lande in haar ouderdomsgroep meeding.
Ansoné Theron is op haar beurt die o.14-dubbelskampioen. Sy en Morgan Jordaan van Gauteng het saamgespan om die o.14-titel vir meisies te buit.
Die 16-jarige Liné Greyling het self uitstekend gevaar deur tot die halfeindronde vir meisies o.18 te vorder.
Foto verskaf