)

Schools That Rock gesels met Hoërskool Outeniqua se Krieketkaptein

Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om die kaptein van Hoërskool Outeniqua, George, se 1ste Krieketspan, Ruben Groenewald, aan die besoekers van ons webtuiste voor te stel.

“Ek speel al krieket vanaf 6-jarige ouderdom. Die sport speel ‘n groot rol in my lewe. My ouers ondersteun my en my broer deur al die jare en krieket het deel van ons gesin se manier van lewe geword. 

Ek speel al vanaf die ouderdom van 13 op provinsiale vlak. Vanaf Graad 9 is ek deel van die Hoërskool Outeniqua se eerste span en het ook vir George Krieketklub se eerste senior span gespeel.

Ek is ‘n ‘all-rounder’. Ek verkies om die boulwerk te open en om in die ‘top-order’ te kolf.

Ek verkies span-sport bo individuele sport want ek hou van die kamaraderie tussen spelers. In ‘n spansport soos krieket is elke speler se individuele bydrae belangrik. Ek geniet die spanning en verantwoordelikheid daarvan. Tog is die span meer as net die somtotaal van al die spelers. As krieketkaptein kan ek spelers saambring in ‘n sterk span en leiding en aanmoediging gee.

Behalwe kapteinskap van krieketspanne, skool en provinsiaal, was ek kaptein vir B-span rugby en dis ook my voorreg om hoofseun van Outeniqua Hoërskool te wees in 2021.

Bo-en-behalwe die skool se krieket-oefening, oefen ek regdeur die jaar by ‘n krieket akademie en doen kondisionerings-oefening in die af-seisoen.

Na skool beoog ek om op universiteitsvlak krieket te speel en elke geleentheid wat daarna kom aan te gryp.

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal