Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om die kaptein van Grey Kollege se swemspan, Kaleb Lombard, aan die besoekers van ons webtuiste voor te stel.
“Ek het begin swem op die ouderdom van 5. Dertien jaar later ruik ek steeds elke dag soos chloor.
Die rede hiervoor het te doen met ons swemskedule. Menige dae behels dit ‘n uur-en-‘n-half soggens, waarvoor ‘n koshuisbrak se wekker reeds 4 uur afgaan. Arme kamermaats! Smiddae sit ons ‘n 2 uur-sessie in. Vandaar die algemene uitlating dat ‘n swemmer altyd rasend honger is.
M.a.w. dikwels swem ons tot 9km per dag. Opsioneel is gimnasiumsessies en pilatus.
Rugslag en vlinderslag is my voorkeur en behalwe my kapteinskap by Grey Kollege, is ek ook kaptein van ons swemklub, Super Seals. Ek beskou die kapteinskap as ‘n uitstekende geleentheid om die kultuur/mentaliteit van die groep te beïnvloed. Indien die kaptein positief is, ‘n wen-mentaliteit het, die span eerste stel en ‘n goeie voorbeeld uitleef, sal die span volg en sukses behaal.
My toekoms: ek gaan beslis voort met swem na skool. Huidiglik is ek besig om met ‘n Amerikaanse Universiteit te onderhandel vir ‘n sport- sowel as akademiese beurs. Ek hoop om ook op internasionale vlak my skool, Grey Kollege, se naam uit te leef.
“Talent wins galas. Teamwork wins Championships!” GO GREY COLLEGE!!!