)

Schools That Rock gesels met die Kaptein van Grey Kollege se Swemspan

Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om die kaptein van Grey Kollege se swemspan, Kaleb Lombard, aan die besoekers van ons webtuiste voor te stel.

“Ek het begin swem op die ouderdom van 5. Dertien jaar later ruik ek steeds elke dag soos chloor.

Die rede hiervoor het te doen met ons swemskedule. Menige dae behels dit ‘n uur-en-‘n-half soggens, waarvoor ‘n koshuisbrak se wekker reeds 4 uur afgaan. Arme kamermaats! Smiddae sit ons ‘n 2 uur-sessie in. Vandaar die algemene uitlating dat ‘n swemmer altyd rasend honger is.

M.a.w. dikwels swem ons tot 9km per dag. Opsioneel is gimnasiumsessies en pilatus.

Rugslag en vlinderslag is my voorkeur en behalwe my kapteinskap by Grey Kollege, is ek ook kaptein van ons swemklub, Super Seals. Ek beskou die kapteinskap as ‘n uitstekende geleentheid om die kultuur/mentaliteit van die groep te beïnvloed. Indien die kaptein positief is, ‘n wen-mentaliteit het, die span eerste stel en ‘n goeie voorbeeld uitleef, sal die span volg en sukses behaal.

My toekoms: ek gaan beslis voort met swem na skool. Huidiglik is ek besig om met ‘n Amerikaanse Universiteit te onderhandel vir ‘n sport- sowel as akademiese beurs. Ek hoop om ook op internasionale vlak my skool, Grey Kollege, se naam uit te leef.

“Talent wins galas. Teamwork wins Championships!” GO GREY COLLEGE!!!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal