)

Schools That Rock gesels met Hoër Landbouskool Oakdale se 1ste Tennisspan kaptein

Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om Oakdale se 1ste span tenniskaptein, Jacobus Esterhuyse, aan die besoekers van ons webtuiste voor te stel.

Tennis is en was ‘n groot liefde vir my van kleins af. Vandat ek kon loop het ek enige sport met ‘n bal probeer.

In my hoërskooljare het ek tennis werklik ernstig begin opneem. Ek is tans die No. 1 op die ranglys by HLS Oakdale, maar soos die lewe is, begin jy onder. In Gr. 9 het ek die laaste posisie in die 1ste span beklee en het met toewyding en harde werk gevorder tot No. 1 in graad 11.

Van 0/14 tot 0/16 was ek in ‘n leiersposisies by verskeie sportspanne.

In die somer oefen ons as span ten minste 6 ure per week. Naweke en vakansies neem ek deel en rig af by klinieke wat deur ons afrigter, Mnr. Wimpie Helmand, aangebied word. Ek geniet enige sport en is ook deel van die 1ste rugbyspan, gholfspan en neem ook deel aan atletiek.

Ek geniet beide individuele asook spansport. As kaptein is dit my werk om te sorg vir positiwiteit. Ek moet die manne gemotiveerd hou en hulle ondersteun en lei deur my voorbeeld.

Ek beplan om BSC Grondkunde en Hortologie na skool te studeer, maar sou graag steeds tennis vir my koshuis op Universiteit wou speel.”

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal