)

Priscilla Esterhuyze ontwikkel hokkie op Erries se astro

Priscillia Esterhuyze (vierde van links, agter), Linda Horn, hokkie-organiseerder van EHS (regs van haar) en Carl Jacobsz (derde van regs, agter) saam met die groep kinders wat die kursus bygewoon het

Dit is ‘n absolute voorreg vir Hoërskool Ermelo om Priscilla Esterhuyze te verwelkom in Ermelo.  Sy het ‘n groot liefde vir hokkie en ‘n passie om hokkiespelers se potensiaal ten volle te ontwikkel.  Priscilla glo elke speler is uniek, daarom werk sy aan vaardigheidsontwikkeling, pas een-tot-een-afrigtig toe en fokus op die ontwikkeling van wedstrydintelligensie.

Priscilla het ondervinding in hokkie as deel die volgende spanne:

  • Hoër Meisieskool Oranje se eerstespan vanaf 2011 tot 2014.
  • Vrystaat-vrouespan
  • Kovsies 1 vrouespan
  • Suid-Afrikaanse o/18- & o/21-span

Priscilla het op Saterdag, 17 April, haar eerste kursus aangebied op Hoërskool Ermelo se astro. Sy het op laerskoolspelers gefokus, waar vaardigheidsoefeninge en mini-wedstryde gespeel is. Sy is ook nou betrokke by Hoërskool Ermelo se dogtershokkie. Haar passie vir hokkie en raad laat die Erries opgewonde uitsien om ‘n lang pad saam met haar te stap.

Priscilla (agter) besigmet afrigting

Om meer inligting in verband met Priscilla Esterhuyse se kursusse te verkry, is u welkom om haar te skakel by 072 889 2661 of ‘n e-pos te stuur na priscillaesterhuyze@gmail.com

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal