)

Paul Roos Gimnasium se 1ste Tennisspan onstuitbaar by Gerrie Berner

Die Gerrie Berner Wissel Trofee is die PRG-wenspan:
Agter vlnr: Carl Roothman (Kaptein), Ernst Gouws, Leonardo Sola, Johan van Wijk, Stephen Claassen en Swannie Swanepoel (Afrigter)
Voor vlnr: Jake Downie en Willem de Waal

Die afgelope naweek was dit die jaarlikse Zest Fruit Gerrie Berner Toernooi en die Paul Roos 1ste Tennis Span was onstuitbaar. Die PRG span het hul titel by die 16de Zest Fruit Gerrie Berner Toer met sukses verdedig en die titel vir die 4de jaar in ‘n ry gewen deur Grey College in die finaal met 4 – 0 te verslaan!

Paul Roos was verteenwoordig deur Carl Roothman, Ernst Gouws, Stephen Claassen, Johan van Wijk, Leonardo Sola, Willem de Waal en Jake Downie.

Die skole wat vanjaar deelgeneem het was Paul Roos, Grey College, Waterkloof, Affies, Kearsney College, Clifton High, Outeniqua, Oakdale, Stellenbosch en Paarl Boishaai.

Paul Roos het 1ste in hul groep ge-eindig met Clifton High 2de. In die ander groep was Grey College 1ste met Paarl Boishaai 2de. In die semi-finaal het PRG vir Boishaai met 4 – 0 geklop en Grey College vir Clifton High 4-1.

Paul Roos het dus deur gedring saam met Grey College na die finaal.  In die finaal het PRG met Grey College afgereken en met 4 – 0 gewen. Die 4 punte is ingesamel deur die dubbels punt te wen en die volgende 3 enkels wedstryde is gewen deur Willem de Waal, Leonardo Sola en Johan van Wijk.

Paarl Boishaai het 3de gekom deur met Clifton High 4 – 0 af te reken.

Paul Roos se volledige uitslae oor die 3 dae was as volg:

PRG wen Stellenbosch: 7 – 0
PRG wen Clifton High: 6 – 1
PRG wen Waterkloof: 7 -0
PRG wen Outeniqua: 7 -0
PRG wen Paarl Boishaai: 4 – 0 (semi-finaal)

PRG wen Grey College: 4 – 0 (finaal)

Die finale stand van al die skole na die finaal en oorkruis wedstryde was as volg:

  1. Paul Roos
  2. Grey College
  3. Paarl Boishaai (HJS)
  4. Clifton High
  5. Affies
  6. Outeniqua
  7. Waterkloof
  8. Kearsney College
  9. Stellenbosch
  10. Oakdale

Baie geluk aan die Paul Roos Maroen Masjien vir hierdie besonderse vertoning!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal