Die Wintersport vir HFM het met hokkie afgeskop op Vrydag, 9 April. HFM se hokkiespanne het teen Hoërskool Hartbeespoort meegeding.
Dit was ‘n baie goeie dag vir HFM. Nie net dat hulle na 18 maande weer kon kompeteer nie, maar dat hulle dit in ‘n goeie gees kon doen. Dit was baie lekker om die kinders weer te kon sien deelneem.
Die uitslae is as volg:
0/14 wen 3 – 1; o/16 span wen 5 -2; 2des wen 4 – 0. Die 1ste span speel gelykop na ʼn tawwe eerste helfte 0 elk. Harties teken die eerste doel aan. HFM gaan lê nie en Quinelle Blaauw en Mariska Coetzee toon goeie spanwerk om HFM se eerste doel aan te teken. Daarna gaan die sluise oop en met die momentum aan HFM se kant eindig Zoey Smith met hul laaste doel. Dit was op die ou einde ‘n baie goeie spanpoging. Danielle Muller, HFM se doelwagter, het ook ‘n paar baie moeilike balle gekeer. HFM seëvier met 4 – 1.
Foto’s verskaf