Dit is ’n hele klompie jaar sedert atlete van Hoër Meisieskool Oranje met twee goue-, twee silwer- en twee bronsmeldajes in hulle sakke van die nasionale kampioenskappe teruggekeer het.
Op die Nasionale o.16-, o.18- en o.20-atletiekkampioenskappe in die Paarl het Johani van Tonder (driesprong) en Marilet Blom (300m-hekkies) eerste plekke behaal. Johani was vierde in die verspring. Sy was ook in 2019 die Suid-Afrikaanse kampioen in driesprong (vir o.15’s).
Germarie Spershott (400m-hekkies) en Carlé Stockenström (800m) het silwermedaljes verower. Germarie en Roline Louw was lede van die Vrystaatse 400m-aflosspan vir o.18 meisies wat derde oor die eindstreep is.